Pampoenpit se groen gevoel

R150.00

Hierdie storie vertel hoe ‘n mens jou omgee moet vind wanneer jy ‘n groen
gevoel van jaloesie kry.
Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ‘n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Die kwaad stoot in haar keel op en haar gesig word rooi, haar lip begin te bewe en haar neus trek op ‘n plooi. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ‘n groot groen monster wat dreig om te ontsnap.
Maar Pampoenpit dink aan gister. Sy onthou Ouma se raad. Operasie Soek-jou-omgee begin nou op die daad!

1 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Hierdie storie vertel hoe ‘n mens jou omgee moet vind wanneer jy ‘n groen
gevoel van jaloesie kry.
Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ‘n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Die kwaad stoot in haar keel op en haar gesig word rooi, haar lip begin te bewe en haar neus trek op ‘n plooi. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ‘n groot groen monster wat dreig om te ontsnap.
Maar Pampoenpit dink aan gister. Sy onthou Ouma se raad. Operasie Soek-jou-omgee begin nou op die daad!

 

OOR DIE OUTEUR

Bianca Flanders is ’n aktrise, stemkunstenaar en onderwyser wat in Kaapstad woon. Sy het in 2011 haar graad in Drama- en Teaterstudie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal. In die daaropvolgende jaar, het Bianca ook ’n nagraadse sertifikaat in onderwys by UK verwerf. Bianca was ’n onderwyser by Camps Bay High en sy was ook verbonde aan Battswood Arts Centre en City Varsity. Vir haar akteurswerk ontvang Bianca in 2016 ’n Fleur de Cap-nominasie vir haar rol as Miela in “Kristalvlakte”. In 2018 word sy ook genomineer vir ’n WoordTROfees-toekenning.

 

LESERSPROFIEL

3-5 jaar (Kleuters)

 

 

Addisionele Inligting

Outeur

Bianca Flanders

Illustreerder

Zinelda McDonald

Verskyningsdatum

2021

Omslag

Sagteband

ISBN

9781776350247

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Pampoenpit se groen gevoel" te beoordeel