Hou Snoekels dop, Wikkels Vark!

R160.00

Wikkels Vark kry ’n verrassingspakkie by ’n partytjie. Hy is so gretig om dit oop te maak, dat hy sy sagte speelding Snoekels aan ’n ballon vasbind, en nie sien wat gebeur nie!

Met Wikkels Vark in die hoofrol, is hierdie ’n oulike verhaal oor skeidingsangs; ’n situasie wat elke ouer en kind sal herken.

 

8 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Wikkels Vark kry ’n verrassingspakkie by ’n partytjie. Hy is so gretig om dit oop te maak, dat hy sy sagte speelding Snoekels aan ’n ballon vasbind, en nie sien wat gebeur nie!

Met Wikkels Vark in die hoofrol, is hierdie ’n oulike verhaal oor skeidingsangs; ’n situasie wat elke ouer en kind sal herken.

 

OOR DIE OUTEUR

Mick Inkpen (1952) is bekend vir die skep van karakters soos “Kipper the Dog” en “Wibbly Pig” (“Wikkels Vark” – Protea 2011, 2014). Hy het al verskeie internasionale pryse gewen insluitend The British Book Award vir Lullabyhullabaloo en Penguin Small, The Children’s Book Award vir Threadbear, The Parents and Munch Bunch Play and Learn Award en The Right Start Petit Filous Best Toy Award vir Where, Oh Where is Kipper’s Bear?. Hy het in 1991 die Children’s Book Award ontvang vir Threadbear. Kipper het in 1998 ’n BAFTA ontvang vir beste geanimeerde rolprent, en Kipper’s A to Z het ’n silwer medalje gewen in die 2001 Smarties Prys. 

 

OOR DIE VERTALER

Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:

Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)

Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed, Die eier en Viskos (M.P. Robertson)

Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)

Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en

Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

 

LESERSPROFIEL

0 – 5 jaar

Addisionele Inligting

Gewig 0.425 kg
Mates 26.0 × 26.0 cm
Outeur

Mick Inkpen

Vertaler

Shané Kleyn

Illustreerder

Mick Inkpen

Verskyningsdatum

2012

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-544-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Hou Snoekels dop, Wikkels Vark!" te beoordeel

You may also like…

Mandjie