Winskopie: Harry Potter en die gevangene van Azkaban (3)

R210.00

Hierdie is ‘n winskopie, dus ‘n nuwe boek wat effens beskadig is gedurende die vervoerproses en daarom teen

‘n laer prys verkoop word.

 

Hierdie is nommer 3 van dié internasionale blitsverkoper!

1 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Wanneer die Ridderbus deur die donker bars en skreeuend voor hom tot stilstand kom, is dit vir Harry Potter die begin van nog ’n ongewone jaar op Hogwarts. Sirius Black, ’n berugte moordenaar en volgeling van Heer Voldemort, het uit Azkaban ontsnap – en hulle sê hy is op Harry se spoor. Boonop sien professor Trelawney ’n aaklige voorbode oor die dood in Harry se teeblare… Maar miskien is die vreesaanjaendste ding van alles die Dementors wat die skoolgronde patrolleer…

Hierdie is nommer 3 van dié internasionale blitsverkoper!

 

OOR DIE OUTEUR

Joanne Rowling (gebore 31 Julie 1965), is ‘n Engelse skrywer wat skryf onder die name J. K. Rowling en Robert Galbraith. Sy is mees-bekend vir die Harry Potter-fantasiereeks. Die reeks het vele pryse gewen en meer as 500 miljoen kopieë verkoop.

Rowling het as navorser en tweetalige sekretaris vir Amnestie Internasionaal gewerk, toe sy in 1990 die idee vir die Harry Potter-reeks bedink terwyl sy wag op ‘n vertraagde trein van Manchester na Londen. In die sewe jaar wat volg is haar ma oorlede, haar eerste kind gebore, sy van haar eerste man geskei, en leef sy in relatiewe armoede tot die eerste roman in die reeks – Harry Potter and the Philosopher’s Stone – in 1997 verskyn. Daar was ses opvolgboeke, waarvan die laaste, Harry Potter and the Deathly Hallows, in 2007 vrygestel is.

 

LESERSPROFIEL

Jeug en tieners

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 23.4 × 15.2 × 1.3 cm
Outeur

JK Rowling

Vertaler

Janie Oosthuysen

Aantal bladsye

240

Verskyningsdatum

2024

Omslag

Sagteband

ISBN

9780798184397

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Winskopie: Harry Potter en die gevangene van Azkaban (3)" te beoordeel

You may also like…

Topverkoper!
Mandjie