Winskopie: Die aardigste kinders op aarde (1)

R230.00

Hierdie is ‘n winskopie, dus ‘n nuwe boek wat effens beskadig het gedurende die vervoerproses en daarom vir goedkoper verkoop word.

Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies: soos Ruda, ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei, of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens vertel!

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.

1 in voorraad (kan steeds bestel word)

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
Genre:

Beskrywing

Betree die wêreld van David Walliams!

 

AGTERGROND

Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies: soos Ruda, ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei, of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens vertel!

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.

 

OOR DIE OUTEUR

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 25 miljoen eksemplare verkoop, en is sover in meer as 53 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (wat in 2017 as Die seun in die rok by Protea verskyn), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDERS

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

Quentin Blake is een van Brittanje se mees geliefde illustreerders en spotprenttekenaars. Hy is bes bekend vir sy samewerking met outeurs soos Roald Dahl, en sy illustrasies het verskeie pryse ingepalm, die Hans Christian Andersen-prys vir illustrasie ingesluit.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir M.G. Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool, Jeug, Tiener

 

 

 

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 19.7 × 12.7 cm
Outeur

David Walliams

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Tony Ross
Quentin Blake

Verskyningsdatum

Augustus 2019

Aantal bladsye

264

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-1034-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Winskopie: Die aardigste kinders op aarde (1)" te beoordeel