Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie

R110.00

Leeu kan nie skryf nie. Maar dit pla hom nie, want hy kan brul en sy tande wys.

En meer het hy nie nodig nie. Maar op ’n dag kom hy ’n leeuwyfie teë …

 

8 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Leeu kan nie skryf nie. Maar dit pla hom nie, want hy kan brul en sy tande wys.

En meer het hy nie nodig nie. Maar op ’n dag kom hy ’n leeuwyfie teë …

 

OOR DIE OUTEUR

Martin Baltscheit (1965) studeer kommunikasie-ontwerp aan die Folkwangskool in Essen, en word bekend as illustreerder, spreker, prenteboek-, prosa-, radiodrama- en teaterouteur. Sy talle bekronings sluit in: die Max en Moritz Prys vir die beste Duitse strokiesprente in 1996, en ’n benoeming vir die Duitse toekenning vir kinder- en jeugliteratuur in 2002. In 2008 word hy vir die tweede keer benoem, en wen hy die Hameln Literêre Prys. Baltscheit woon saam met sy gesin in Düsseldorf.

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

 

LESERSPROFIEL

Voorskool en jeug (jong)

Addisionele Inligting

Mates 19.5 × 29.5 cm
Outeur

Martin Baltscheit

Vertaler

Nicol Stassen

Verskyningsdatum

April 2012

Aantal bladsye

36

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-512-0

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie" te beoordeel
Mandjie