Kerneels die geel kat

R100.00

AANDAG katliefhebbers van alle ouderdomme!

Op baie maniere is Kerneels net soos ander katte. Hy hou daarvan om in die son te lê en slaap. Hy hou daarvan om die rusbank met sy skerp kloue te krap (hoewel hy dit nie mag doen nie) en hy hou daarvan as Martjie hom agter sy oor krap. Kerneels spin, strek homself uit en lek sy pels net soos ander katte. Maar daar is iets van Kerneels wat anders is.

Kerneels die geel kat is ’n lieflike storie oor anders wees. Kerneels word deur die ander katte geterg en hy wens hy was soos hulle. Uiteindelik leer Kerneels om homself te aanvaar presies soos wat hy is.

8 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Op baie maniere is Kerneels net soos ander katte. Hy hou daarvan om in die son te lê en slaap. Hy hou daarvan om die rusbank met sy skerp kloue te krap (hoewel hy dit nie mag doen nie) en hy hou daarvan as Martjie hom agter sy oor krap. Kerneels spin, strek homself uit en lek sy pels net soos ander katte. Maar daar is iets van Kerneels wat anders is.

Kerneels die geel kat is ’n lieflike storie oor anders wees. Kerneels word deur die ander katte geterg en hy wens hy was soos hulle. Uiteindelik leer Kerneels om homself te aanvaar presies soos wat hy is.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Die gewilde Deense outeur Gry Kappel Jensen het sowat 131 boeke geskryf en vertaal. Sy en Deense illustreerder Sissan Richardt werk gereeld saam. Richardt het baie werk vir tydskrifte en koerante gedoen voordat sy haar eerste prenteboek Pilskalde Skildpadde in 2008 geïllustreer het. Sy het grafiese ontwerp by die Kolding ontwerpskool in Denemarke studeer.

 

OOR DIE VERTALER

Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria en die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011). Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. 

 

LESERSPROFIEL

Kinders vanaf 3 jaar oud, asook katliefhebbers van alle ouderdomme!

Addisionele Inligting

Mates 26.5 × 25.5 cm
Outeur

Gry Kappel Jensen

Illustreerder

Sissan Richardt

Vertaler

Nicol Stassen

Verskyningsdatum

Desember 2011

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-86919-445-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kerneels die geel kat" te beoordeel
Mandjie