Mollie die moedige kat

R290.00

Mollie is almal se gunstelingkat. Sy vermaak oud en jonk al meer as dertig jaar lank. Mollie die moedige kat bevat ses van die gewildste Mollie-stories:

Mollie se medalje

Mollie en Hasie

Mollie se bollie

Mollie en die baba

Mollie en die jakkalse

Mollie se Kersfees

10 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Mollie is almal se gunstelingkat. Sy vermaak oud en jonk al meer as dertig jaar lank. Mollie die moedige kat bevat ses van die gewildste Mollie-stories:

Mollie se medalje

Mollie en Hasie

Mollie se bollie

Mollie en die baba

Mollie en die jakkalse

Mollie se Kersfees

 

OOR DIE OUTEUR

Judith Kerr is in 1923 in Berlyn gebore. Nadat haar vader, die bekende Duits-Joodse toneelresensent en essayis Alfred Kerr, hom sterk uitgespreek het teen die Nazi-bewind, moes die gesin hulle in 1936 in Engeland vestig waar Kerr vandag steeds woon. Tydens die oorlog het sy vir die Rooikruis gewerk en gewonde soldate gehelp versorg, waarna sy ’n beurs gekry het om kuns te gaan studeer aan die Central School of Arts and Crafts in Londen. Sy het televisietekste vir die BBC begin skryf nadat haar toekomstige man, die draaiboekskrywer Nigel Kneale, haar aangespoor het om vir ’n pos daar aansoek te doen. Hul dogter Tacy werk in die filmindustrie (onder andere aan die spesiale effekte vir die Harry Potter-reeks) en hul seun Matthew is ’n skrywer (onder andere in 2000 bekroon met die Whitbread-toekenning vir sy roman English Passengers). Kerr wou van kleins af kinderboeke skryf, maar het haar hand eers daaraan gewaag toe haar eie kinders leer lees het. Sy is baie bekend vir die katkarakter Mog wat nou Mollie in Afrikaans geword het. The Tiger Who Came to Tea is ook in Afrikaans beskikbaar as Die tier wat kom tee drink het (Protea, 2012). Kerr is in 2012 vereer met die titel “Officer of the Order of the British Empire” vir haar bydrae as kinderboekskrywer en Holocaust-opvoeder.

Addisionele Inligting

Mates 28 × 22 cm
Outeur

Judith Kerr

Vertaler

Shané Kleyn

Verskyningsdatum

November 2015

Aantal bladsye

208

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-4853-0455-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Mollie die moedige kat" te beoordeel
Mandjie