Afslag!

Sprokies vir ‘n prinsessie

Original price was: R200.00.Current price is: R160.00.

Sprokies vir ’n prinsessie gaan oor prinse en prinsesse, reuse en trolle, towerspreuke en wense … Sprokies kom uit alle tye en uit alle volke.

In hierdie unieke boek bring die baasverteller Henri van Daele ’n besondere versameling sprokies bymekaar. Die sprokies kom uit die verskillende lande waaruit die ses koninginne van België afkomstig was of is. Sowel bekende as minder bekende verhale en legendes word hier oorvertel. Henri van Daele het dit geskryf vir prinses Elisabeth van België wat in 2001 gebore is. Maar dit is ook vir alle kinders wat daarvan hou om na sprokies te luister of om dit self te lees. Met ’n voorwoord deur Haar Koninklike Hoogheid Prinses Mathilde van België. Agterin die boek is daar afbeeldings van die ses Belgiese koninginne sedert 1832.

Dominique Mertens se pragtige volkleurtekeninge sal tot die verbeelding spreek van oud en jonk.

10 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Die Vlaamse skrywer Henri van Daele het baie boeke op sy naam, sowel as ’n lang lys bekroninge. Vir sy bloemlesing van sprokies in En ze leefden nog lang en gelukkig het hy in 2004 ’n boekenwelp (die Vlaamse “Zilveren griffel”) gekry.

LESERSPROFIEL

Dogtertjies tussen 3 en 12 jaar oud

Addisionele Inligting

Mates 25.8 × 19.7 cm
Outeur

Henri van Daele

Illustreerder

Dominique Mertens

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

2012

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

240

ISBN

978-1-86919-446-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Sprokies vir ‘n prinsessie" te beoordeel

You may also like…

Mandjie