Beskrywing
AGTERGROND
Van die eerste rotstekeninge tot moderne meesterstukke – hierdie boek volg die storie van skilderkuns vanaf die begin van die mensdom tot vandag. Soos wat jy lees, sal jy saam met kunstenaars deur die eeue heen op allerhande fassinerende feite en verstommende staaltjies afkom en ’n hele paar aha-oomblikke beleef.
Maak jou gereed om uit te vind hoe die antieke Grieke waterbestande verf gemaak het, ontdek wie die ikonoklaste was en waarom hulle kunswerke verwoes het en wonder oor Mona Lisa se geheimsinnige glimlag …
LESERSPROFIEL
Kinders van 6–12 (en hul ouers!) behoort in hierdie boek ’n heerlike en boeiende sleutel tot die kunswêreld te vind. Dit is die ideale beginnershandleiding vir enigiemand wat meer ingelig oor die skone kunste wil gesels!
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.