Beskrywing
AGTERGROND
’n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde!
OOR DIE OUTEUR
Wanja Olten (gebore 1973) het visuele kommunikasie aan die Ontwerpkollege in Offenbach am Main studeer. Hy is ’n passievolle ontwerper, musikant en komponis en het reeds ’n hele paar kinderproduksies die lig laat sien. Kein bisschen dreckig (Nie ’n bietjie vuil nie, Protea 2011) is sy eerste kinderboek. Hy bly saam met sy gesin in Offenbach am Main.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Manuela Olten (gebore 1970) het visuele kommunikasie aan die Ontwerpkollege in Offenbach am Main studeer, met die hooffokus op kinderboeke. Sy is ’n fotograaf en ontwerper. Sy het al verskeie pryse gewen, insluitend die Oldenburg kinder- en jeugboek Prys, en sy is ook al genomineer vir die Duitse Jeug Literêre Prys.
OOR DIE VERTALER
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.