Beskrywing
AGTERGROND
Een van my vriende het onlangs vir my ’n boek oor katte gegee.
Ek kon egter nog nie presies vasstel watter soort kat ek het nie …
Al drie boeke in Bachelet se reeks oor ‘n lawwe kat, wat eintlik glad nie ‘n kat is nie …
OOR DIE OUTEUR
Gilles Bachelet (1952) het vir tydskrifte en kinderboeke begin illustreer nadat hy kuns studeer het. Hy is ’n dosent in illustrasie aan die Ecole Supérieure d’Art in Cambrai, Frankryk.
OOR DIE VERTALER
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
LESERSPROFIEL
Lesers van alle ouderdomme.
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.