Beskrywing
AGTERGROND
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n swaardvegter en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het.
Kan Harwarrus Grombaard die Gruwelike se skat vind voor Alvin die Verraderlike sy slinkse kloue daarop kry? En wat as Harwarrus ’n kis oopmaak wat sê MOENIE OOPMAAK NIE? Sal hy lewe om die storie te vertel?
“Skreeusnaaks, wonderlik geskryf … Vol humor én spanning.”
Lovereading4kids
Ander boeke in die reeks: Hoe om jou draak te tem
OOR DIE OUTEUR
Cressida Cowell is die skrywer en illustreerder van die blitsverkoper-reeks How to Train your Dragon (oftewel Hoe om jou draak te tem), wat nou ’n bekroonde Dream Works-filmreeks is, asook ’n reeks wat op Netflix en CBBC vertoon word. Cressida het in Londen grootgeword en ook op ’n klein, onbewoonde eiland aan die weskus van Skotland. Sy woon nou in Hammersmith saam met haar man, drie kinders en ’n hond genaamd Pigeon.
LESERSPROFIEL
Ouer jeug, tieners
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.