Beskrywing
AGTERGROND
Die tweede boek van 3 in die reeks. Boeke kan afsonderlik of in volgorde gelees word. (Ook goedkoper as ‘n bundel van al 3 boeke beskikbaar. Sien “Bundels”.)
Wat is meer hartroerend as ’n klein katjie se soeke na moedersmelk met sy klein slurpie? As die gedagte hieraan jou laat verteder, ontdek hoe een van hierdie klein katjies my kat geword het – die mees saggeaarde, die grootste en die mees verspotte kat ter wereld.
OOR DIE OUTEUR
Gilles Bachelet (1952) het vir tydskrifte en kinderboeke begin illustreer nadat hy kuns studeer het. Hy is ’n dosent in illustrasie aan die Ecole Supérieure d’Art in Cambrai, Frankryk.
OOR DIE VERTALER
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
LESERSPROFIEL
Lesers van alle ouderdomme.
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.