Beskrywing
AGTERGROND
Hierdie is die derde boekie in die Bella en Bollie-reeks. Die twee ander titels is Bella en Bollie en die nagsoentjie en Bella en Bollie en die verjaardagverrassing.
Dit is Bella, en dit is Bollie. Hulle is altyd saam – op sonnige dae, op reëndae en op luilekker niksdoen-dae. Vandag is ’n hongerige dag en Bollie is lus vir koek. Maar Bella wil liewer gesond eet. Hoe lank sal Bollie die njammie geure kan weerstaan?
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Mandy Sutcliffe het illustrasie aan Leeds Metropolitan Universiteit in Engeland gestudeer. As uitruilstudent in Frankryk het sy menige ure in Paryse parke deurgebring, en dit was hier waar sy haar gunstelingonderwerp – kinders – ontdek het. Sy is die outeur van vier boeke, waarvan sy een ook geskryf het.
LESERSPROFIEL
Kinders vanaf 3 jaar oud.
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.