Beskrywing
AGTERGROND
Reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan mor en knor die grompot:
“Fie! Faai! Fam! Fou!
Ek’s lus vir knaag. Ek’s lus vir kou.
Ek soek na ’n kind wat ek gou kan verslind.
’n Kind vir my pan en sy voornaam is Jan!”
Hierdie boek, geskryf deur Elli Woollard en pragtig geïllustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorlê – dus, wie sal dan nou beter smaak op ’n reusebord as dié klein karnallie.
OOR DIE OUTEUR
Elli Woollard is die skrywer van talle prenteboeke en kinderrympies. Sy skryf pittige, humoristiese rympies wat baie gewild is onder jong lesers. Dié boek, haar debut, was ’n groot sukses in Engeland. Sy woon in Londen met haar man en vier kinders.
DIE ILLUSTREERDER
Benji Davies het animasie gestudeer en werk aan ’n verskeidenheid projekte, van prenteboeke tot kort animasieprente en advertensies. Sy eie boek The Storm Whale (deur Protea Boekhuis uigegee as Die stormwalvis) het die Oscar’s Book Prize gewen. Sy tweede boek, Grandad’s Island (deur Protea Boekhuis uitgegee as Oupa se eiland) het die AOI World Illustration Award gewen in 2015, asook die Children’s Book of the Year-toekenning in 2016.
OOR DIE VERTALER
Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. Hy is ook al bekroon met die ATKV-kinderboektoekenning (1989), M.E.R.-prys (1996) en die Alba Bouwer-prys (1998). In 2004 het hy ’n IBBY internasionale toekenning ontvang vir sy vertaling van Die spree met foete.
LESERSPROFIEL
Kinders van 3-8 jaar oud
Voorlees en Selflees
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.