Beskrywing
AGTERGROND
Snurke hou nie van besoekers nie. Snurke deel nie sop nie. En snurke gaan beslis nie op ekspedisies nie.
Maar een aand is daar ’n geluid by die deur:
KLOP! KLOP! KLOP!
Hierdie snurk se lewe is op die punt om drasties te verander en sy wildste drome te oortref …
OOR DIE OUTEUR
Will Buckingham is outeur, filosoof en dosent in kreatiewe skryfkunde aan De Montfort Universiteit in die VK. Sy nie-fiksie filosofiese werke sluit in Introducing Happiness en Levinas, Storytelling and Anti-Storytelling; hy is ook die outeur van volwasse fiksie (The Descent of the Lyre) asook kinder- en prenteboeke soos The Snorgh and the Sailor (in Afrikaans vertaal en uitgegee deur Protea as Die snurk en die seeman). Buckingham woon in Leicester.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Thomas Docherty se liefde vir teken het reeds as kind begin: Hy is die outeur en illustreerder van sowat nege kinderboeke.
LESERSPROFIEL
4+
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.