Beskrywing
AGTERGROND
Pootjies is ’n hondjie sonder ’n huis van sy eie. Sy soeke na ’n blyplek neem hom na die groot, besige staat. Hy is honger en eensaam, en word by eetplekke weggejaag, en terwyl hy vlug verloor hy sy enigste besitting – ’n mooi, rooi serp. Moedeloos hardloop hy weg en krul homself op in ’n balletjie. Maar dan kom vra ’n vriendelike dogtertjie hom of hy dalk sy serp verloor het, en Pootjies kry uiteindelik ’n huis.
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Richard Jones was die illustreerder van die internasionale topverkoper The Snow Lion wat deur Jim Helmore geskryf is en in Afrikaans deur Protea Boekhuis uitgegee is (Die sneeuleeu, 2018). Hierdie is Richard Jones se eerste boek wat hy self geskryf en illustreer het.
LESERSPROFIEL/READER PROFILE
Kinders vanaf 3-8 jaar oud.
Ouers en onderwysers as voorleesboeke.






