Beskrywing
AGTERGROND
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel.
Deel van topverkoper-aktiwiteitsreeks in die VK.
OOR DIE SKRYWER
Fiona Watt het in 1980 by Usborne aangesluit. Sy het in 2003 ʼn redaksionele direkteur geword, hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om baba-, kuns- en aktiwiteitsboeke te skryf. Sy het al meer as 100 titels vir Usborne uitgewers geskep en was in 2008 op die kortlys as skrywer van die Galaxy-toekennings se kinderboek van die jaar.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Lizzie Mackay is ‘n ontwerper en illustreerder van Wes-Brittanje wat muurkuns, dekor, papierontwerpe, skryfbehoeftes en kinderboeke illustreer.
LESERSPROFIEL
Dogtertjies 3+
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.