Beskrywing
AGTERGROND
Die dapper Iberiërs hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se seun gevange neem, staan die Galliërs reg om te help. Asterix en Obelix kry vir Pépé uit die kloue van die Romeine en moet hom Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros baklei en die nukke van die astrante Pépé trotseer …
Asterix in Spanje is die veertiende boek in die gewilde Asterix-reeks.
OOR DIE VERTALER
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.
LESERSPROFIEL
10+ jaar (jeug en tiener)
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.