Winskopie: Die beste sussie vir ‘n babadraak

R160.00

Let wel: Hierdie is ‘n winskopie – ‘n Nuwe boek wat effens in die vervoerproses beskadig is.

“GEEN BABAS IN HIERDIE HUIS NIE!”

Zeldi wil VREESLIK graag ’n boetie of sussie hê. Maar haar pa en ma soek nie ’n baba nie. Dan kom los ’n mamma-draak een aand ’n eier op hulle huis se stoep.

Die eier KRIK en KROK en KRAAK.

’n Ogie loer na buite.

’n Poot verskyn.

En ’n stert …

WA-A-AT? Gaan Zeldi uiteindelik ’n GROOTSUS word? Vir ’n BABA-DRAAK?

1 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys
Genre:

Beskrywing

AGTERGROND

“GEEN BABAS IN HIERDIE HUIS NIE!”

Zeldi wil VREESLIK graag ’n boetie of sussie hê. Maar haar pa en ma soek nie ’n baba nie. Dan kom los ’n mamma-draak een aand ’n eier op hulle huis se stoep. Die eier KRIK en KROK en KRAAK. ’n Ogie loer na buite. ’n Poot verskyn. En ’n stert … WA-A-AT? Gaan Zeldi uiteindelik ’n GROOTSUS word? Vir ’n BABA-DRAAK?

 

OOR DIE OUTEUR

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 gebore in Welkom, en hy het ook daar skoolgegaan. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld. Daarna volg twee jaar nasionale diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds werk by Sanlam. Hy skryf in dié tyd in vir ‘n deeltydse kursus in Grafiese Ontwerp. Hy behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ‘n BA-graad in Sosiale Wetenskappe aan Unisa.

Fanie het reeds aan verskeie kunsuitstallings deelgeneem in Welkom, Bloemfontein en Kaapstad. Van sy skilderye het ‘n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Van sy kinder- en jeugverhale is met verskeie toekennings bekroon. Fanie Viljoen woon tans in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.

 

LESERSPROFIEL

Jeug

Addisionele Inligting

Mates 21.2 × 13.7 cm
Outeur

Fanie Viljoen

Illustreerder

Robert Dersley

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

2026

Aantal bladsye

80

ISBN

9780637009447

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Winskopie: Die beste sussie vir ‘n babadraak" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie