Make your refund work smarter

Koffie, Komberse & Kinderboeke

Soos die dae korter en koeler raak, is daar min dinge so lekker soos ’n snoesige kombers, ’n warm koppie koffie – en ’n stapel oulike kinderboeke.


Herfs en winter bring iets besonders – ’n stadiger ritme, meer binnehuistyd, en die perfekte geleentheid om saam met jou kinders in stories weg te kruip. 

ONS WINKEL


By KoueKoffieBoeke glo ons dat boeke nie net gelees word nie, hulle word saam belééf. Dis in hierdie knus oomblikke waar herinneringe gemaak word: op die bank onder ’n kombers; voor slaaptyd in die warm bed terwyl druppels teen die vensters tik. 


Skep sommer jou eie winterleeshoekie! Jy hoef nie ’n Pinterest-perfekte ruimte te hê nie, net ’n gemaklike hoekie, ’n paar kussings, genoeg lig – en natuurlik lekker boeke! Maak die vooruitsig van lees iets waarna jou kinders uitsien: Kies ’n spesiale kombers net vir leestyd, maak warmsjokolade, hou ’n mandjie met gunstelingboeke naby en laat jou kind self hul “boek van die dag” kies. Winter is die ideale tyd vir bedtydstories vir rustige aande, avontuurverhale om binne jou huis op ’n avontuur te gaan wanneer dit buite te koud is, en seisoenale stories oor winter/herfs, troeteldiere, familie en samesyn.


Voorlees is soveel meer as net storietyd. Dit bou taalvaardigheid, versterk emosionele bande en help kinders om lees met veiligheid en liefde te assosieer. Selfs ouer kinders geniet dit steeds wanneer iemand vir hulle lees, soms net in ’n ander vorm. En terwyl jou koffie dalk koud word (ons verstaan mos!), bly hierdie oomblikke goud werd. In ’n wêreld van skerms en gejaag gee kinderboeke jou en jou kind die kans om bymekaar te kom en asem te skep. 


So, hierdie winter: Raak knus. Lees stadiger. Blaai langer.


TrailBlaze Titan

Christelientjie, die sonskynfeetjie van die Grootrivier

Koop
Arctic Ascend 3

Toe ons in 

Ghrieshuis was

Koop
Summit Surge

Siembamba boekpak (5-in-1)

Koop
Glacial Glide 2

Afrikanerkind – Boerestories

Koop

Katryn & Kie: Leesvlak 2-bundel

Koop

Klein Plakpoppies: Katjies

Koop

Die sneeuleeu

Koop

Die groot drukkie-boek

Koop