Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
KoueKoffieBoeke bied uitgekose, gekategoriseerde, splinternuwe boeke teen ’n bekostigbare prys, afgelewer op jou voorstoep.
“Maak nie saak hoe arm nie, ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind. Maak nie saak hoe verlate of verwaarloos nie, ’n kind wat lees, is ’n gekoesterde kind.” – Antjie Krog

KoueKoffieBoeke het ’n 2024-Tinteltongtoekenning ontvang vir “Onderneming wat kreatief is in hul taal, goed vaar op sosiale media in Afrikaans en uitblink”!

KoueKoffieBoeke is 2 jaar oud!
In ons 3de jaar van besigheid bou ons voort op die vreugde van lees deur gehalte Afrikaanse kinderboeke tot by gesinne se deure te bring. Ons streef daarna om nie net boeke te verkoop nie, maar om ’n liefde vir stories, taal en kultuur by kinders aan te wakker. Ons verbind ons tot uitstekende diens, ’n persoonlike aanlyn winkel-ervaring en die bevordering van Afrikaans.




















Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
“Fantastiese reeks Afrikaanse boeke, baie oulike stories wat jonk en oud vermaak. My derde bestelling al ontvang en ons is verskriklik gelukkig met die kwaliteit van die boeke.”
| Sjoe, baie dankie vir ongelooflike diens! Ek het Sondagaand boeke bestel en dit is Woensdagoggend in die Vrystaat afgelewer! Dankie vir uitstekende pryse en voortreflike diens terwyl jul my heeltyd op hoogte gehou het. Ek maak verseker weer van jul diens gebruik. Baie dankie! |
“Uitstekende diens! Wonderlike leiding vir ń werkende mamma wat nie altyd kan navors oor gepaste boeke vir haar kleuters nie! My dogtertjies is versot op hul boeke.”
Pragtige boeke en vinnige aflewering. Definitief ‘n gunsteling-aanlynwinkel vir my.
“Sal beslis aanbeveel! Pragtige boeke!”
Waardeer jul puik diens. Ek bestel gerus weer. Opregte dank.
Wat ‘n opgewondenheid was dit nou nie vir jou nie!! Die kleinkinders was omtrent bly, en so ook die ouers. My dogter, ‘n arbeidsterapeut, dink die boeke is wonderlik! BAIE dankie vir al die moeite, die pakkies was so mooi.
Carla, ek wil net dankie sê vir die goeie diens. Ek sal definitief weer by jou koop.
Ek is gaande oor die boekies wat ek gekoop het, veral die krabbelboek, ‘n absolute moet vir vervelige kinders wat van fone af gehou wil word. Die boek het ek eintlik vir myself aangeskaf, maar my kinders het dit gou hulle eie gemaak.
Vind uit oor die jongste boeke en promosies: