Miekie maak haar merk

R100.00

Miekie in vandag kwaad. En hoe dan ook anders met ‘n irriterende boetie en maats wat haar terg. Maar Juffrou help haar op die regte pad.
Miekie verf ‘n pragtige muurskildery wat nie net die skoolmuur ophelder nie, maar ook haar bui.
Hierdie oulike verhaal oor ‘n vurige meerkatjie leer kinders dat alle emosies belangrik is. Die belangrikste is egter ons reaksie op hoe ons voel.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Miekie in vandag kwaad. En hoe dan ook anders met ‘n irriterende boetie en maats wat haar terg. Maar Juffrou help haar op die regte pad.
Miekie verf ‘n pragtige muurskildery wat nie net die skoolmuur ophelder nie, maar ook haar bui.
Hierdie oulike verhaal oor ‘n vurige meerkatjie leer kinders dat alle emosies belangrik is. Die belangrikste is egter ons reaksie op hoe ons voel.

 

OOR DIE OUTEUR

Wendy Maartens is ‘n skrywer, openbare spreker en versamelaar van eg Suid-Afrikaanse volksverhale, legendes, rympies en ware stories.

Sy leef in verwondering oor die krag van woorde, die blou-blou see en die mandjie stories wat elke mensekind saamdra.

Wendy put inspirasie uit die eenvoud van haar onmiddellike omgewing. Daarom is sy so lief vir Tafelbaai, die Weskus en die Overberg waar die stories van lank gelede laag op laag soos ‘n skulpmied lê.

Haar grootste droom is dat gesinne weer tyd sal maak om die stories van hul komvandaan om die etenstafel te koester. Dat elke dorp weer ‘n storieverteller sal hê wat laatmiddag op die dorpsplein stories uit die omgewing vertel. Maar bowenal dat ons sal leer om stilte die praatwerk te laat doen sodat ons kan onthou dat ons almal deel van dieselfde universele verhaal is.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool en (jong) jeug

Addisionele Inligting

Mates 28 × 21 cm
Outeur

Wendy Maartens

Illustreerder

Alistair Ackermann

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

22

ISBN

9781776253883

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Miekie maak haar merk" te beoordeel

Jy mag ook hou van…