Kwaailappies: Stories oor Afrikaans se komvandaan

R190.00

’n Lieflike boek vir elkeen wat trots is op sy taal!

Hierdie boek sal vir kinders ’n omvattende, maar maklik leesbare geskiedenis van Afrikaans se taalontwikkeling gee. Die taal se lang geskiedenis – wat reeds 2 000 jaar voor die VOC se aankoms aan die suidpunt van Afrika begin – word sorgvuldig nagevolg en met deeglike navorsing ondersteun. Die boek is verdeel in ses hoofstukke wat elk deur middel van ’n storie vertel word. Hierdie geskiedenis sal vir kinders lewe!

 

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Hierdie boek sal vir kinders ’n omvattende, maar maklik leesbare geskiedenis van Afrikaans se taalontwikkeling gee. Die taal se lang geskiedenis – wat reeds 2 000 jaar voor die VOC se aankoms aan die suidpunt van Afrika begin – word sorgvuldig nagevolg en met deeglike navorsing ondersteun. Die boek is verdeel in ses hoofstukke wat elk deur middel van ’n storie vertel word. Hierdie geskiedenis sal vir kinders lewe!

’n Groot pluspunt is die feit dat dit geensins lees soos ’n teksboek nie. Die geskiedenis word gedeel in ses hoofstukke, in verhaaltrant, en strek van meer as driehonderd jaar gelede, tot by die huidige, waar ons sopas die honderdste herdenking gevier het van Afrikaans as amptelike taal. Selfs die simboliek van die Taalmonument word verduidelik aan die hand van ’n groep kinders wat die monument besoek.

 

OOR DIE OUTEUR

Dr. Ronel van Oort is ’n pas afgetrede dosent aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedkunde. Sy het aanvanklik haar loopbaan as onderwyser begin. Ronel se navorsing fokus op die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans. Sy is passievol oor die aanleer van Afrikaans vir ’n verskeidenheid leerders en was al betrokke by verskeie instansies wat ondersteuning in Afrikaans se aanleer bied.

 

LESERSPROFIEL

Jeug en tieners

 

Addisionele Inligting

Outeur

Ronel van Oort

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

144

Verskyningsdatum

2025

ISBN

9780637008020

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Kwaailappies: Stories oor Afrikaans se komvandaan" te beoordeel