KoueKoffieBoeke is trots om nou ook Bazoo-boeke aan te hou!
Bazoo se reuse-storieboeke is gemik op 2- tot 7-jariges, met pragtige volblad-illustrasies wat die brugbouer word tussen die aanleer van letters en klanke (oppervlakstruktuur) en lees met begrip (diepte struktuur) vir jong ontluikende lesers.
Fred Mouton en Theodore Key se groot illustrasies trek kinders op atmosfeerryke wyse by Bazoo se wêreld in en skep ’n sensitiwiteit vir fyn luister, dink en voel, met opvoeder-twiets onderaan elke bladsy om denkvaardighede (o.a. vraagstelling, visualisering, konneksies en afleidings maak) te help ontwikkel.
Bazoo, die vriendelike bergskilpad, wil ’n liefde vir taal en lees by die kleinspan kweek en wanneer kinders geniet waarmee hulle besig is, vind leer spontaan plaas!
Luisterstories en liedjies is ook beskikbaar. |