David Edward Williams (gebore 20 Augustus 1971), professioneel bekend as David Walliams, is ’n Engelse komediant, akteur, skrywer en televisiepersoonlikheid. Hy is veral bekend vir sy werk in die BBC-sketskomediereeks Little Britain (2003–2006), en Come Fly With Me (2010–2011). En van 2012 tot 2022 was Walliams ’n beoordelaar op die televisie-talentprogramkompetisie Britain's Got Talent.
Walliams is in 2017 aangestel as Offisier van die Orde van die Britse Ryk (OBE) vir dienste aan liefdadigheid en die kunste.
Maar David Walliams is vir KoueKoffieBoeke veral van belang omdat hy ook ’n skrywer van kinderboeke is en al meer as 37 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop het.
Sy boeke is in 53 tale vertaal en hy is beskryf as "die vinnigste groeiende kinderboekskrywer in die Verenigde Koninkryk", met ’n literêre styl soortgelyk aan dié van Roald Dahl. Sommige van sy boeke is verwerk in televisiefilms, waarin hy ook verskyn het.
KoueKoffieBoeke is trots om ‘n verskeidenheid van sy boeke, meesterlik vertaal in Afrikaans, aan te hou, onder andere:
Bogenoemde boeke is geskik vir ouer jeug en jong tieners. |