’n Nuwe jaar bring opwindende dinge en ons is trots om aan te kondig dat ons ook nou verskaffers is van die Leer-lees-boekreeks, Katryn & Kie.
Katryn & Kie is ’n versameling van Afrikaanse leesboekies wat kinders op ’n prettige manier leer lees. Dit fokus hoofsaaklik op die basiese klanke in Afrikaans. Elke boekie fokus op ’n ander klank. Daar is altesaam 20 leesboekies wat al die vokale, dubbelklanke en diftonge in Afrikaans behandel. Die boeke is in vlakke ingedeel volgens die kind se leesvaardigheid. Dis apart of in ’n bundel beskikbaar: |