KoueKoffieBoeke KoueKoffieBoeke
Uitgekies deur ons, geliefd deur jou kind

KoueKoffieBoeke stel Nollies bekend! Kreatiewe Babushka-poppies wat pas by die boek se tema. Kinders is dol hieroor!

Besoek ons Winkel
Outeur van die Maand

KoueKoffieBoeke gesels met Thana de Clerk:

 

Thana de Clerk (1967) is ’n bedryfsielkundige en lewensafrigter. Sy word groot in Durbanville, waar sy ook matrikuleer. Ná skool studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en in 1991 voltooi sy haar meestersgraad in Bedryfsielkunde. In 2003 verwerf sy ’n doktorsgraad aan die Universiteit van Johannesburg. Thana woon tans op Stellenbosch en Prins Albert saam met haar lewensmaat, Marius Scholtz.

 

Wanneer het jy begin skryf?

 

Juan en die bidsprinkaan is my eerste boek. Ek het begin notas maak tydens my Camino-staptog in 2016 – op die vooraand van 50! 

Ek was so geraak deur hoe Juan hierdie eerste ervaring van dood in sy lewe verwerk het, dat ek dit ook uit my eie lyf moes skryf in my Camino-dagboek.

 

Ná die stap het ek gedink my dagboek is weg, maar toe ontdek ek my notas tydens Covid toe ek my kaste regpak. Ek was so opgewonde en geïnspireerd, dat ek die notas tydens Covid in boekvorm omskep het onder die leiding van Marlene Malan van Turksvy Publikasies.

 

Wat het aanleiding gegee tot die boek Juan en die bidsprinkaan?

 

Juan en Lienke, die tweeling, is my broerskinders. Ek is baie na aan hulle (ek het nie my eie kinders nie).

 

Die vriendskap tussen Juan en Annelien (die bidsprinkaan wat hy aangehou het as troeteldier) was besonders. Hy is ’n seuntjie wat van kleins af (en nog steeds) baie naby aan sy hart lewe en nie bang is om dit wat hy voel te verbaliseer of te wys nie. Lienke leef om goed te doen vir ander, en haar liefde en ondersteunende verhouding vir haar tweelingbroer is vir ons ’n voorbeeld. Hulle was my inspirasie!

 

Vertel ons iets interessants oor jouself.

 

Ek het ‘n passie vir die natuur, en om te stap of fiets te ry waar min ander mense kan kom is vir my die lekkerste! Ons woon van volgende jaar af permanent in Prins Albert en ek sien uit om sommer baie tyd in die Swartbergpas en op die grondpaaie van Prins Albert te spandeer!

 

Juan en die bidsprinkaan en Juan and the Praying Mantis is nou beskikbaar by KoueKoffieBoeke.

Van ons nuwe boeke vir November
Clever Cub Learns To Share
Sharing with others often does not come naturally to little ones. Help your child to understand that sharing is caring and can actually be quite fun. In Clever Cub Learns to…
 
R70.00
Besoek Winkel
Tommie en die toringhoë toebroodjie
Tommie is rasend honger en maak vir hom die grootste toebroodjie wat jy nog ooit gesien het. Wil jy ook ’n happie hê? 'n Kartonboek - vir weer en weer…
OP AFSLAG
R95.00
Besoek Winkel
My familie – ‘n reis deur die tyd
’n Oulike kykboek met illustrasies van Fimo-klei gemaak deur Ann de Bode. Ons reis deur die tyd vanaf die Neanderdalmens tot nou, en sien hoe hulle woon, hulself warm hou,…
 
R100.00
Besoek Winkel
Spaghetti vir die Jeti
“Hiep hoera!” skree Janneman. “Oplaas het ek my jeti!” Maar die monster grom en brom verstom: “My naam is liewe Bettie!” Kom soek saam met Janneman na die jeti. Met…
 
R160.00
Besoek Winkel
Oulik
'n Humoristiese storie propvol avontuur, met die mooiste illustrasies. Almal sê Tobie is oulik. Maar Tobie is moeg om oulik te wees. Hy wil sy beeld verander. Hy begin ’n…
 
R150.00
Besoek Winkel
Oktober se Topverkopers
Clemens die kat
’n Storie oor gewildheid, groepsdruk, selfvertroue en ware geluk.
 
R100.00
Besoek Winkel
Hoekom moet ek dit doen?
Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoonskrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word! Op 'n…
 
R150.00
Besoek Winkel
Die groot poefwedstryd
Koning Kuttel het ’n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy…
 
R150.00
Besoek Winkel
Die wikkelboude dansie
As Mamma ʼn rukkie weg moet gaan, sorg Pappa vir die kinders soos wat net hy kan.  Sommer gou word dit ʼn vrolike spul.  Alles kan en alles mag, maar…
 
R150.00
Besoek Winkel
Omdat ek so lief is vir jou
Tekstuurboek. 'n Fraai boek wat kinders leer van die natuur, van kleure, en ook hoe lief hul ouers vir hulle is, maak nie saak hóé hul lyk nie. Boonop is…
 
R139.00
Besoek Winkel
Ons Gunstelingboeke vir November
Die Otters-bundel (boek 1 – 8)
Dié klassieke, gewilde reeks trek – ná ’n afwesigheid van 20 jaar en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aan! Daar is 8 boeke in die reeks. Kom deel in…
 
R960.00
Besoek Winkel
Milka en Sebastiaan
Spesiaal vir kinders wat: tuisonderrig ontvang sukkel om maatjies te maak 'n lae selfbeeld het Sebastiaan is nege jaar oud en het alles wat ’n seuntjie van sy ouderdom nodig…
 
R180.00
Besoek Winkel
Waar kom babas vandaan?
’n Liefdevolle, sensitiewe bespreking van die vreugdes van ’n nuwe lewe. Hierdie pragtig geïllustreerde storie bied vir jong kinders God-gesentreerde antwoorde vir vrae oor hoe die lewe begin. Spesiale klem…
 
R90.00
Besoek Winkel
Die boomhuis met 13 vloere
Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! Dit het ’n geheime ondergrondse laboratorium, ’n reusetenk vol haaie en ’n malvalekker-masjien wat oral agter mens aanrol en malvalekkers…
 
R190.00
Besoek Winkel
Juan en die bidsprinkaan
Gebaseer op 'n ware verhaal. Juan en die bidsprinkaan is ’n boek vir kinders oor omgee, liefde, begrip, hartseer en verlies, aanvaarding en hoop. En oor omgewingsmagte waarvan ons as…
 
R180.00
Besoek Winkel
Boeke op Afslag
Tommie en die toringhoë toebroodjie
R95.00
Besoek Winkel
Rooi: Waarom boelies nie snaaks is nie
R140.00
Besoek Winkel
Die Reus van der Bees
R140.00
Besoek Winkel
Moeps die wenner
R140.00
Besoek Winkel
Die land van die groot woordfabriek
R140.00
Besoek Winkel
Die vyfde skaap
R100.00
Besoek Winkel
Lees ons Artikels
Verwys jou Vriende

Weet jy van enigiemand wat sal hou van ons boeke? Verwys jou vriende en verdien:

 

  • ’n R100-koepon vir elke 10 mense wie ’n eerste bestelling plaas
  • ’n R200-koepon elke keer wat jou verwysings se totale waarde van bestellings R10,000 bereik

Ons sal ’n e-pos aan elke vriend wie jy verwys stuur om hulle bekend te stel aan KoueKoffieBoeke.

Lys jou Vriende Hier
Volg ons op Sosiale Media
facebook  instagram 
Verwys jou Vriende
Lees ons Artikels
Besoek ons Winkel
Teken Uit   |   Bestuur Jou Voorkeure   |   Besig Aanlyn