KoueKoffieBoeke KoueKoffieBoeke
Uitgekies deur ons, geliefd deur jou kind

KoueKoffieBoeke bied nou ook geskenkbokse met pragtige items in wat kinders se harte sal laat bokspring. Gaan loer gerus na ons verskeidenheid van temas: kliek hier

Besoek ons Winkel
Outeur van die Maand

KoueKoffieBoeke gesels met Elsa Winckler:

 

Jy is bekend as romanse-skrywer, maar het ook twee kinderboeke op jou kerfstok. Wat het gelei daartoe dat jy dié projekte aangepak het?

 

Ons kleinkinders. Daar gebeur net iets met ’n mens se hart as jy ’n kleinkind vashou. Ek was so lief vir stories oor feetjies toe ek klein was en ons bly in die mooie Bettysbaai met die Harold Porter Botaniese Tuin – die inspirasie vir die eerste storie, Wanneer is eendag?

 

Ons kleinseuns was mal oor allerhande motortjies toe hulle klein was. Die oudste een kon ure na boeke kyk met groot vragmotors en trokke – die inspirasie vir Husse met lang ore. 

 

Wat is jou gunstelingkinderboek wat jy graag vir jou kinders/kleinkinders voorlees/voorgelees het?

 

Dis ’n boek waaroor ons eie kinders ook mal was: Kiboko deur Willi Baum. Dit gaan oor ’n seekoei wat saam met sy vriende gaan soek na water en in die president se swembad beland. 

 

Wie is jou gunstelingskrywer en watter genre lees jy graag?

 

Ek lees nog altyd graag liefdesverhale, veral die klassiekes. Die Brontë-susters se werke, Henry James, George Eliot, asook Elizabeth Gaskell (haar North en South is een van my gunstelinge). Maar as ek net een moet kies, is dit Jane Austen. Die manier waarop sy tong-in-die-kies spot met die konvensies van haar tyd is uniek. 

 

Iets wat min mense van jou weet?

 

Ek het ’n taamlike vervelige bestaan, wat ’n introvert soos ek soos ’n handskoen pas. Ek hekel en brei saans voor die televisie, is mal oor lees en geniet dit om kos te maak vir die mense vir wie ek lief is.

Van ons nuwe boeke vir Oktober
Die Reus van der Bees
Reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan mor en knor die grompot: “Fie! Faai! Fam! Fou! Ek’s lus vir knaag. Ek’s lus…
 
R150.00
Besoek Winkel
Moeps die wenner
Vir die diereliefhebbers! Moeps die mopshond wil altyd wen. Maak nie saak wat die uitdaging is nie, hy móét eenvoudig net die wenner wees. En hy wen gewoonlik ... al…
 
R160.00
Besoek Winkel
The Land of the Big Word Factory
Prize-winner! There is a country where people almost never speak. In this strange country you have to buy words and swallow them before you can pronounce them. Little Daniel needs…
OP AFSLAG
R140.00
Besoek Winkel
Juan en die bidsprinkaan
Gebaseer op 'n ware verhaal. Juan en die bidsprinkaan is ’n boek vir kinders oor omgee, liefde, begrip, hartseer en verlies, aanvaarding en hoop. En oor omgewingsmagte waarvan ons as…
 
R180.00
Besoek Winkel
September se Topverkopers
Hoekom moet ek dit doen?
Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoonskrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word! Op 'n…
 
R150.00
Besoek Winkel
Die groot poefwedstryd
Koning Kuttel het ’n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy…
 
R140.00
Besoek Winkel
Die storie van die klein gaatjie
’n Plesierige en spannende ontdekkingsreis op soek na ’n geheimsinnige klein gaatjie, wat uiteindelik nie so ver weg is nie … 'n Bekoorlike kartonboekie – perfek vir selflees en voorlees.
 
R150.00
Besoek Winkel
Ons Gunstelingboeke vir Oktober
Tant Bettie se broekie
Tant Bettie het ’n gunstelingbroekie. Sy is net besig om dit aan die wasgoeddraad op te hang, toe ’n vlaag wind SWIEEEEEEESJ! die broekie optel en ver, ver wegdra. Tant…
 
R160.00
Besoek Winkel
Rooi: Waarom boelies nie snaaks is nie
Tobie bloos bloedrooi oor die kleinste dingetjies – en dít maak hom die skoolboelies se maklike prooi. Hoe help jy jou maat as jy sélf bang is die boelies kom…
 
R160.00
Besoek Winkel
Die land van die groot woordfabriek
Pryswenner! Daar is ’n land waar die mense amper nooit praat nie. In hierdie vreemde land moet jy woorde koop en hulle insluk om hulle te kan uitspreek. Klein Daniel…
 
R160.00
Besoek Winkel
Husse met lang ore
Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie”…
 
R149.00
Besoek Winkel
Boeke op Afslag
Geskenkboks: Babatee
R220.00
Besoek Winkel
Geskenkboks: Prinses
R210.00
Besoek Winkel
Soek die meerkat – ‘n reis deur tyd
R100.00
Besoek Winkel
Die snurk en die seeman
R135.00
Besoek Winkel
Die ysmonster
R210.00
Besoek Winkel
Die gedierte in die gange
R230.00
Besoek Winkel
Lees ons Artikels
Verwys jou Vriende

Weet jy van enigiemand wat sal hou van ons boeke? Verwys jou vriende en verdien:

 

  • ’n R100-koepon vir elke 10 mense wie ’n eerste bestelling plaas
  • ’n R200-koepon elke keer wat jou verwysings se totale waarde van bestellings R10,000 bereik

Ons sal ’n e-pos aan elke vriend wie jy verwys stuur om hulle bekend te stel aan KoueKoffieBoeke.

Lys jou Vriende Hier
Volg ons op Sosiale Media
facebook  instagram 
Verwys jou Vriende
Lees ons Artikels
Besoek ons Winkel
Teken Uit   |   Bestuur Jou Voorkeure   |   Besig Aanlyn